Hoofposfunksies
Bestuur van verpakkingsaanleg
Bestuur van die totale verpakkingsaanleg met ongeveer 340 seisoenale en 20 permanente werkers.
Beplanning, organisering en beheer oor:
Sortering van vrugte.
Verpakking van vrugte vir beide plaaslike en uitvoermark.
Kartonstoor, insluitend die opmaak van kartonne vir verpakking, aankoop en voorraadbestuur van pakmateriaal.
Paletisering van gepakte vrugte.
Kwaliteitskontrole oor gepakte vrugte, insluitend koördinering met PPECB, uitvoeragente en plaaslike bemarkers.
Inname en uitlaai van gepakte vrugte na Lanko Koelkamers.
Uitlaai van vrugte wat hervul is in kratte en lewering aan koelkamers en/of Granor Passi.
Personeel
Opstel van jaarlikse personeelplan en bepaling van opleidingsbehoeftes.
Verlofbeplanning.
Koördinering met die Menslike Hulpbronne-departement m.b.t. werwing, opleiding, bevordering, dissiplinêre aksies, aanmeld van BAD’s ens.
Toepassing van meriete- en dissiplinêre stelsel.
Toerusting, geboue en terrein
Koördinering met instandhoudingsbestuurder m.b.t.:
Uitvoering van roetine- en noodinstandhouding.
Beplanning van instandhoudingsprojekte.
Toesien dat toerusting in goeie werkende toestand is.
Roetine-inspeksies en beplanning van instandhouding saam met instandhoudingsbestuurder.
Toesien dat instandhoudingsregister bygehou word.
Algemene huishouding, insluitend opstel en uitvoering van skoonmaakroetines.
Koördinering met werkswinkel
Verseker dat voertuie en vurkhysers altyd in goeie werkende en padwaardige toestand is.
Begrotings en kontrole
Opstel van jaarlikse kapitaal- en bedryfsbegroting vir pakhuis, veral t.o.v. instandhouding.
Uitoefening van begrotingskontrole op ‘n deurlopende basis.
Higiëne en standaarde
Toepassing van algemene pakhuishigiëne-standaarde soos voorgeskryf deur HACCP/BRC.
Byhou van dokumentasie soos voorgeskryf deur interne HACCP, GMP & BRC-standaarde en die toepassing van sodanige standaarde.
Beheer oor kratte
Beheer oor instandhouding van kratte, asook opberging en uitreiking daarvan.
Veiligheid en gesondheid
Toesien dat die pakhuis voldoen aan vereistes m.b.t. beroepsveiligheid en gesondheid.
You have successfully created your alert.
You will receive an email when a new job matching your criteria is posted.
Please check your email. It looks like you haven't verified your account yet. Here's what you're missing out on:
Didn't receive the link? Resend Verification Link