Job Summary
Chief Executive Officer / Hoof Uitvoerende Beampte
Citrusdal Watergebruikersvereniging & Citrusdal Agri Vereniging
Oorsig van die Rol
Die verenigings bedryf ’n gedeelde kantoor en is op soek na ’n dinamiese, ervare Chief Executive Officer / Hoof Uitvoerende Beampte om leiding te neem oor hul onderskeie bedrywighede. Die verenigings het ten doel om verskeie projekte en intervensies op plaaslike gemeenskaps- en munisipale vlak te dryf ten einde ’n volhoubare gemeenskap en bedryfsomgewing vir hul lede te verseker.
Die Chief Executive Officer / Hoof Uitvoerende Beampte dien as die openbare verteenwoordiger van beide verenigings en skakel met ’n wye reeks belanghebbendes, insluitend boere, gemeenskappe, regeringsdepartemente (plaaslik, provinsiaal en nasionaal), senior amptenare en nie-regerings organisasies.
Sleutelverantwoordelikhede
- Vestig en bestuur ’n sentrale administratiewe kantoor vir die verenigings en verwante gemeenskapsforums.
- Verteenwoordig die verenigings by plaaslike en nasionale forums om sigbaarheid, invloed en betrokkenheid van belanghebbendes te versterk.
- Bou en handhaaf verhoudings, en werk saam met sleutelbelanghebbendes, insluitend regeringsinstansies (Departement van Landbou, Departement van Water en Sanitasie, Plaaslike Regering), gemeenskapsgroepe en plaaslike organisasies.
- Identifiseer en dryf vennootskapsgeleenthede en gesamentlike ondernemings; hou toesig oor projekbeplanning en -uitvoering.
- Lei watermodellering en datafunksies, insluitend hidrologiese navorsing en inligtingstelsels ter ondersteuning van waterbeplanning en -beleid.
- Bestuur diensverskaffers en tenderprosesse en verseker nakoming van interne beleid.
- Lei, ontwikkel en bestuur personeel en bevorder ’n hoëprestasiespan met ’n samewerkende kultuur.
- Hou toesig oor finansiële beplanning, begroting en hulpbrontoewysing in ooreenstemming met PFMA-vereistes.
- Verseker duidelike kommunikasie en verslagdoening aan lede, regeringsdepartemente, befondsers en ander belanghebbendes.
Vaardighede en Persoonlike Eienskappe
- Uitstekende kommunikasie-, onderhandelings- en interpersoonlike vaardighede.
- Strategiese denker met ’n bewese rekord van innovasie en veranderings bestuur.
- Uiteers georganiseerd met die vermoë om veelvuldige prioriteite te bestuur.
- Aanpasbaar in dinamiese en veranderende omgewings.
- Sterk leier met ’n samewerkende bestuursbenadering.
- Sterk etiese grondslag, integriteit en nederigheid.
- Oplossingsgedrewe en billik.
Ervaring, Kennis en Kwalifikasies
- Relevante tersiêre kwalifikasie of ’n Baccalaureusgraad.
- Agtergrond in ingenieurswese, stedelike beplanning of ontwikkeling sal ’n sterk aanbeveling wees.
- Ervaring in regerings-, of soortgelyke projekte sal ’n voordeel wees.
- Bewese vaardigheid in projekbestuur.
- Minimum van 10 jaar leierskapservaring.
- Grondige begrip van organisasiebedrywighede, finansiële bestuur en strategiese beplanning.
- Bewese vermoë om kruisfunksionele spanne te lei en komplekse projekte te bestuur.
- Demonstreerbare sukses in belanghebbende betrokkenheid (‘stakeholder engagement’) en strategiese uitvoering.
OM AANSOEK TE DOEN:
- Klik op die "Apply" knoppie of
- Doen aanlyn aansoek by www.casupport.co.za/vacancies