Ons kliënt, Witels Boerdery, geleë in die Slanghoek vallei, het ‘n geleentheid beskikbaar vir ‘n energieke, goed ge-organiseerde en betroubare Lone- en Administratiewe-klerk. Die doel van die posisie is om effektiewe administratiewe ondersteuning te bied en te verseker dat die maatskappy se mensebestuur en nakomingsprosesse glad en professioneel verloop.
VERANTWOORDELIKHEDE
Rekords en dokumentasie van alle personeel
Kontrakte
Verlof
Beserings aan diens
Tydstate
UIF
Voorbereiding en hantering van Etiese- & ander oudits
Plaas en opvolg van bestellings soos benodig
VEREISTES
Matriek (HR- of Loonadministrasie-kwalifikasie voordelig).
Minimum 3 jaar ondervinding as loneklerk, verkieslik in landbou/landbousektor.
Ervaring in Donkerhoek Data loonprogram sal in u guns tel
Eie vervoer
Sterk kennis van MS Office
Noukeurig
Goeie organisasie vermoë
Uitstekende kommunikasie vaardighede
Goeie tydsbestuurvermoë
AANSOEK SLUITINGSDATUM: 9 AUGUSTUS 2026
Slegs kortlys kandidate sal gekontak word.
Werwingsprosedures voldoen aan Die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting, Nr. 4 van 2013