Job Summary
Verantwoordelikhede:
Die suksesvolle kandidaat sal onder andere vir die volgende verantwoordelik wees
- Die assessering, behandeling en monitering van inwoners se gesondheidsbehoeftes.
- Advies aan inwoners en hul families rakende gesondheidsorg en siektevoorkoming.
- Die verseker dat akkurate mediese rekords in ooreenstemming met regulatoriese standaarde bygehou word.
- Die handhawing van hoë etiese en professionele standaarde in die lewering van sorg.
Minimum Vereistes:
Die suksesvolle kandidaat moet aan die volgende vereistes voldoen:
- ’n Minimum van drie jaar ondervinding as ’n Professionele Verpleegkundige.
- Registrasie as ’n Professionele Verpleegkundige by die Suid-Afrikaanse Raad op Verpleging.
- Rekenaarvaardigheid (MS Excel, MS Word en MS PowerPoint).
- ’n Opregte passie vir die versorging van ouer persone en persone met gestremdhede.
- Kennis van wetgewing van toepassing op bejaardesorg en verwante gesondheidsorgregulasies.
- Uitstekende kommunikasie- en interpersoonlike vaardighede.
- Sterk organisatoriese en tydsbestuursvaardighede.
- Sensitiwiteit en respek vir persone uit diverse kulturele agtergronde.
- Goeie leierskap en bestuursvaardighede.
- Matriek (Graad 12)
- Vlot in Afrikaans
- Vermoë om skofte te werk en onder druk te funksioneer
Kwalifikasies:
SANC registrasie as Professionele Verpleegkundige
Vaardighede wat benodig word:
Bejaardesorg
Leierskap
Empatie
Goeie kommunikasievaardighede
Gevorderde rekenaarvaardigheid
Effektiewe organisasie
Werksure:
- 12-uur skofte
- 42 uur per week