Hatfield, Pretoria: KOSTE KONSULTANT
Minimum Vereistes:
-Netjiese en professionele Afrikaans sprekende individu
-Afrikaans en Engels eerste en tweede tale (Afr & Eng kliënte basis)
-Minimum 5 jaar onlangse werksondervinding in die opstel van kosterekeninge vir litigasie aangeleenthede, by ‘n prokureursfirma of by koste konsultante
-Ondervinding in taksasie en opponering van kosterekenige
-Ten volle onafhanklik funksioneerbaar
-Rekenaargeletterd
-Bestuurslisensie en eie voertuig
-Stabiele indiensnemingsrekord en kontakbare verwysings
-Om so spoedig moontlik diens te aanvaar
Pligte:
-Opstel van kosterekeninge van litigasie aangeleenthede
-Opstel, voorbereiding, taksasie en opponering van kosterekeninge
-Berekening van regskostes
Salaris: Onderhandelbaar afhangende van ondervinding
E-pos opgedateerde en gedetaileerde CV in Word of PDF Formaat (nie as ‘n skakel / “link” nie) na oneilc@telkomsa.net en dui die volgende aan:
- Verwysing CR2193; en
- U salarisverwagting binne die aangebiede bedrag.
(Stuur ook ‘n onlangse foto en enige verwysingsbriewe wat u het van vorige werkgewers, indien moontlik)
AANSOEKE WAT NIE AAN AL DIE VEREISTES VOLDOEN NIE, SAL SONDER ENIGE OORWEGING DADELIK GESKRAP WORD.