-Volledige maandelikse boekhouding tot op balansstaatvlak
-Voorbereiding van maandelikse en jaarlikse finansiële state
-Bestuur van debiteure- en krediteure-boeke
-Bankrekonsiliasies en algemene grootboek-rekonsiliasies
-Voorraad- en kosteberekening-rekeningkunde (parte en voorraadbestuur)
-Voorbereiding en indiening van BTW-, SDL-, UIF- en PAYE-opgawes by SARS
-Bystand met maandelikse en jaarlikse begrotings sowel as kontantvloeiprojeksies
-Ondersteuning tydens interne en eksterne oudits
-Verwerking van salarisse en personeelverwante finansiële administrasie
-Opstel van bestuursverslae en finansiële analises vir bestuur
-Nakoming van interne beheermaatreëls en finansiële beleide
-Algemene administratiewe en ad hoc finansiële take soos vereis deur bestuur
-Minimum 1 jaar ervaring na voltooiing van artikels (post-artikels ervaring)
-Relevante rekeningkundige kwalifikasie
-Vlot in Afrikaans (lees, skryf en praat) - noodsaaklik
-Goeie kennis van rekeningkundige sagteware en MS Excel
-Sterk aandag aan detail en akkuraatheid
-Vermoë om sperdatums te hanteer en onder druk te werk
-Eie vervoer sal voordelig wees
-Markverwante salaris, gebaseer op ervaring en kwalifikasies
-Gewaarborgde 13de tjek, betaalbaar in Desember
-Indien jy die hooflid op 'n mediese fonds is, dra die maatskappy 1/3 van die premie by
-Indien jy jou eie pensioenfonds het, dra die maatskappy 1/3 daartoe by