Job Summary
Ons kliënt is op soek na ’n betroubare, detailgerigte en gemotiveerde Voorraadbeheer Klerk om by hul span aan te sluit. Die pos is Maandae tot Saterdae en die suksesvolle kandidaat sal ’n belangrike rol speel in doeltreffende voorraadhantering, en die instandhouding van ’n georganiseerde werksomgewing en ondersteuning van daaglikse bedrywighede.
VERANTWOORDELIKHEDE
- VOORRAADBESTUUR
- Ontvang, verwerk en beheer voorraad akkuraat op die stelsel.
- Verpak en berei kliëntbestellings betyds en korrek voor.
- Verifieer inkomende voorraad en rapporteer tekorte of verskille.
- Doen gereelde voorraad- en vervaldatum-kontroles.
- Hou voorraadkamers en stoorareas netjies en georganiseerd.
- SKOONMAAK & HUISHOUDING
- Hou rakke, stoorareas en werksruimtes skoon en netjies.
- Verseker dat algemene areas, kombuis, badkamers en die buiteperseel skoon is en vry van rommel
- Handhaaf gesondheids- en veiligheids-standaarde.
- KLIËNTEDIENS
- Help kliënte met basiese navrae en verwys hulle na die regte persoon of produk.
- Lewer vriendelike en professionele kliënte-diens.
- Ondersteun administratiewe en operasionele take soos benodig.
- KASSIER & ADMIN ONDERSTEUNING
- Bedryf die kasregister wanneer nodig.
- Verseker akkurate hantering van verkope en kontant.
- SPANONDERSTEUNING & ANDER PLIGTE
- Help spanlede en bestuur met daaglikse take en aflewerings
MINIMUM VEREISTES
- Minimum 2 jaar ervaring in ’n soortgelyke posisie
- Bestuurslisensie sal ’n voordeel wees
- Moet Afrikaans en Engels vlot kan praat
- Fisies instaat en gesond om voorraad op te tel, te hanteer en te beheer
- Bereid en beskikbaar om Maandae tot Saterdae te werk
- Goeie organisatoriese en administratiewe vaardighede
- Basiese rekenaar- en syfervaardighede
- Betroubaar, stiptelik en detailgeoriënteerd
- Vermoë om onafhanklik sowel as in spanverband te werk
AANSOEKE SLUITINGSDATUM: 1 FEBRUARIE 2026
Slegs kortlys kandidate sal gekontak word.
Werwingsprosedures voldoen aan Die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting, Nr. 4 van 2013.