Job Summary
Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir die algehele bestuur van die Silwerkruin fasiliteite en die implementering van effektiewe besigheidstrategieë. Die posbekleër sal omsien na die daaglikse funksionering van alle Silwerkruin bedrywighede ten einde te verseker dat alle inwoners van die hoogste vlak van sorg voorsien word. Die suksesvolle kandidaat sal aan die Beheerliggaam rapporteer.
Verantwoordelikhede:
- Uitvoering van algehele strategie ten einde die volhoubaarheid van Silwerkruin te verseker
- Professionele skakeling met alle relevante belanghebbendes, insluitend die Departement van Gesondheid, Departement van Maatskaplike Ontwikkeling en die ACVV
- Operasionele bestuur van Silwerkruin wat insluit pasiëntsorg, nakoming van statutêre verpligtinge, fondsinsameling, algemene huishouding, personeelbestuur en lisensiëring
- Leierskap en bestuur van 'n groot personeelkorps
- Toesighouding oor en bestuur van alle aansoeke, plasings en verwante sake
- Netwerk en bou van verhoudings
- Verslagdoening aan die Beheerliggaam
Vereistes:
- Toepaslike tersiêre kwalifikasie
- Bewese kennis en bestuurservaring by 'n soortgelyke fasiliteit
- Praktiese kennis en ervaring met betrekking tot fondsinsameling, finansies, MHB en operasionele bestuur
- Ondervinding in skakeling en onderhandeling met belanghebbendes
- Kennis en begrip van die wette en regulasies wat die bedryf beheer
- Sterk etiese waardesisteem
- Goed ontwikkelde emosionele intelligensie (empaties, veerkragtig, aanpasbaar en diensgeoriënteerd)
'n Markverwante vergoedingspakket sal aan die suksesvolle kandidaat gebied word, gebaseer op ervaring, vaardighede en bevoegdhede.