Groenkloof, Pretoria: SENIOR LITIGASIE SEKRETARESSE (DERDE PARTY EISE)
Minimum Vereistes:
-Netjiese en professionele Afrikaans sprekende dame
-Afrikaans en Engels eerste en tweede tale verpligtend
-Minimum 5 jaar onlangse ondervinding in Hooggeregshof & Landdroshof Litigasie by ‘n regsfirma verpligtend, spesifiek in Derde Party Eise (namens Eiser) en Persoonlike Beserings eise
-Goeie tikvaardigheid (spoed en akkuraatheid)
-Rekenaargeletterd in Lexpro
-Stabiele indiensnemingsrekord en kontakbare verwysings
Pligte:
-Opstel en tik van Hooggeregshof en Landdroshof Litigasie regsdokumente
-Tik en hantering van Derde Party Eise (namens Eiser) en Persoonlike Beserings eise
-Opstel en tik van kennisgewings en pleitstukke
-Algemene regsekretariële en administratiewe take
Salaris: R 17 000.00 – R 20 000.00 bruto (Afhangende van ondervinding)
E-pos opgedateerde en gedetaileerde CV in Word of PDF Formaat (nie as ‘n skakel / “link” nie) na oneilc@telkomsa.net en dui die volgende aan:
- Verwysing CR2203; en
- U salarisverwagting binne die aangebiede bedrag
(Stuur ook ‘n onlangse foto en enige verwysingsbriewe wat jy het van vorige werkgewers, indien moontlik)
AANSOEKE WAT NIE AAN AL DIE VEREISTES VOLDOEN NIE, SAL SONDER ENIGE OORWEGING DADELIK GESKRAP WORD.
Hierdie is spesifiek ‘n regsberoep. Moenie aansoek doen indien u nie die relevante ondervinding het by ‘n regsfirma nie.