Toegangsbeheer Beampte pos onmiddelik beskikbaar. Ons is opsoek na 'n manlike persoon . Moet eerlik, hardwerkend en gesond wees. Moet Afrikaans en Engels kan lees, skryf en praat. Eie betroubare vervoer met kode 08EB lisensie. Moet netjies op persoon wees aangesien voorkoms belangrik is. Iemand met sober gewoontes. Die regte kandidaat moet met mense kan werk. Ten minste 4-5jaar werksondervinding hê. Die persoon moet opdragte kan uitvoer en by die algemene reels van die onderneming kan hou. Die regte kandidaat moet iemand met integriteit wees en moet betroubaar wees. Kriminele rekord sal nagegaan word. Drie (3) maande proeftydperk, waarna moontliike permanente aanstelling oorweeg sal word. Dag en Nagskofte is van toepassing vir hierdie pos. Indien jy reeds by ons aansoek gedoen het en onsuksesvol was , moet asseblief nie weer aansoek doen nie. Stuur asb SELF jou volledige CV na allstoragemove@gmaiil.com
Sluitingsdatum vir aansoeke is 27 MEI 2022. Geen telefoniese onderhoude sal gevoer word nie. Indien jy nie gekontak word binne sewe (7) dae vanaf sluitingsdatum , kan jy aanneem dat jou aansoek onsuksesvol was. Moet asb nie bel om op te volg nie.