POS BESKIKBAAR vir JUNIOR ELEKTRIESE INGENIEUR
Lombard Consulting Engineers is ‘n multidissiplinêre ingenieurs firma wat streef na innovasie, uitnemendheid, toewyding en kwaliteit. Hierdie span ingenieurs werk saam en werk hard. Daar bestaan ‘n opening vir ‘n junior elektriese ingenieur wat oopkop is, hard kan werk, op sy/haar voete kan dink en baie wil leer en groei. Die moontlike kandidaat moet ook goed kan inpas by die span van jong dinamiese ingenieurs.
Minimum voorvereistes:
• Graad of diploma in Elektriese Ingenieurswese of gelykstaande
• Ten volle tweetalig
• Eie Vervoer en geldige lisensie
• Jonger as 30 jaar oud
Posbeskrywing:
• Ontwerp van elektriese gebou dienste
• Ontwerp van alle elektriese en elektroniese hospitaal dienste
• MV Retikulasie
• Volhoubare energie ontwerpe
• Meer van ons dienste kan by www.lceng.co.za gesien word onder “our services”
Kennis van die volgende sagteware programme sal tot jou voordeel wees:
• AUTOCAD
• REVIT
• ETAP
• RELUX / DIALUX
Epos jou CV aan lezanne@lceng.co.za
Aansoeke sluit 9 April 2021